Limousin

Limousin

Départements Corrèze (19)
Creuse (23)
Haute-Vienne (27)
Prefektuur Limoges
Bevolking 741 785 inw.
(2009)
Bevolkingsdigtheid 44 inw./vk km
Oppervlakte 16 942 vk km
Arrondissemente 8
Kantons 106
Munisipaliteite 747
President van
Gewestelike Raad
Gérard Vandenbroucke (PS)

Limousin (Lemosin in Oksitaans) was 'n administratiewe gewes in Sentraal-Frankryk wat drie départements behels – Corrèze, Creuse en Haute-Vienne. Limousin maak deel uit van Oksitanië en is volledig in die bergagtigte hartland van Frankryk – die Sentraalmassief – geleë en strek oor 16 942 km².

Die gewes word begrens deur Centre in die noorde, Poitou-Charentes en Akwitanië in die weste, Midi-Pyrénées in die suide en Auvergne in die ooste.

Met 'n bevolking van 741 785 in 2009 is Limousin die mees yl bevolkte van Frankryk se geweste ná Korsika. Sy demografie word deur 'n lae geboortekoers en bo-gemiddelde sterftesyfers gekenmerk, terwyl ook die aandeel van bewoners in die ouderdomsgroep bo sestig jaar die hoogste in die land is. Die demografiese prentjie her eers in die vroeë 21ste eeu merkbaar begin verander: die netto-binnelandse migrasie na die gewes het gestyg, en veral nedersettings langs die hoofroetes het 'n relatief hoë bevolkingsgroei getoon.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne